




Drink minder. 8 %
Hou op rook. . 9 %
Verloor gewig. . 63 %
Wees meer impulsief. . 21%


Die ouers van vetsugtige kinders se volgehoue versuim om hul kind te help om sy lewenstyl te verbeter of mediese praktisyns te nader vir hulp, kan neerkom op kinderverwaarlosing.
Dit is veral ter sprake wanneer dié kinders op die punt is om toestande soos obstruktiewe slaapapnee, hoë bloeddruk en tipe 2-diabetes te ontwikkel of onbeweeglik raak.
So het ’n groep Britse kenners in die veld van kindergesondheid besluit nadat hulle die lot van sulke kinders bespreek het met die doel om ’n raamwerk vir mediese en ander maatskaplike praktisyns daar te stel.
Dr. Russell Viner van die University College of London se instituut vir kindergesondheid en sy kollegas het hul voorstelle in die jongste uitgawe van die British Medical Journal gepubliseer.
Die kenners het studies gevind wat toon daar is ’n verband tussen vetsug by kinders en seksuele mishandeling, geweld en verwaarlosing, maar hulle kon geen navorsing opspoor oor kinderbeskerming en vetsug as sulks nie.
Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie nodig is vir kinderbeskermingseenhede om op te tree teen ouers bloot omdat hul kinders vet is en hulle misluk in hul pogings om die kinders gewig te laat verloor nie.
Hulle was dit eens dat die oorsake van vetsug te kompleks is daarvoor.
Hulle het wel aanbeveel dat gesinne en omgewingsfaktore bestudeer word in gevalle waar kinders erg vetsugtig is en ouers niks doen om in te gryp nie.


Chicago. – Hoe meer ouer vroue weeg, hoe swakker is hul geheue, veral vroue wat die ekstra gewig aan die heupe dra.
Navorsers het dít bevind in ’n studie wat vandeesweek in die Journal of the American Geriatric Society gepubliseer is.
Die navorsers het na inligting oor 8 745 vroue gekyk wat aan die VSA se Woman’s Health Initiative-hormoonbehandelingstoetse deelgeneem het.
Volgens prof. Diana Kerwin, ’n internis van die Northwestern Medicine-groep, het hulle vetsug vir die eerste keer met swakker breinfunksie en geheue verbind.
Hulle het ook bevind vroue wat vet aan die heupe dra (peervormige lywe) vaar slegter as vroue met sogenaamde appelvormige lywe, wat gewig om die middellyf dra.
Met elke punt wat ’n vrou se liggaamsmassa-indeks (LMI) gestyg het, het haar telling in ’n geheuetoets met een punt gedaal.
LMI is jou liggaamsmassa (kg) gedeel deur jou lengte kwadraat (m²). ’n Gesonde LMI is vir die meeste mense tussen 20 en 25.
Vetsug word gewoonlik bo 30 gediagnoseer. Die navorsers vermoed die rede vir die verskil tussen die soort lywe het dalk te doen met die soort vet wat in die twee dele van die liggaam aanpak.
Hulle meen sitokiene, hormone wat deur die vet in die liggaam vrygestel word en inflammasie kan veroorsaak, beïnvloed die brein dalk.
Volgens Kerwin weet navorsers reeds verskillende soorte vet stel verskillende soorte sitokiene vry en dat dié sitokiene verskillende uitwerkings op insulienweerstandigheid, lipiede (vette) en bloeddruk het.
Sy meen verdere navorsing is nodig om vas te stel of vet wat byvoorbeeld aan die heupe aanpak meer geneig is om sitokiene vry te stel wat aanpaksels in die brein kan veroorsaak wat met Alzheimer se siekte of ingeperkte bloedvloei na die brein verbind kan word.
“Die studie toon as ons (mediese praktisyns) ’n oorgewig vrou in ons spreekkamers het en ons weet uit die verhouding tussen haar heup- en middellyf-omtrek dat sy oormatige vet aan haar heupe dra, daar meer aggressief ingegryp moet word vir gewigsverlies.”


It is renowned for surfing, rugby and the great outdoors, but South Africa is among the fattest countries in the world, a survey has found.
The rainbow nation is "eating itself slowly to death", according to the drug and healthcare company GlaxoSmithKline (GSK), which says 61% of South Africans are overweight, obese or morbidly obese.
Despite the country's sporty reputation and the prevalence of gyms in cities such as Johannesburg, the research found that 49% of South Africans do not exercise and 71% have never dieted. Most worryingly, 17% of children under nine are overweight.
Jonathan Girling, GSK vice-president for consumer healthcare, said its findings dispelled the notion that obesity is a purely western phenomenon.
"I think there are clearly lots of factors that are associated with this major trend -- for the nation to essentially be eating itself slowly to death -- like lifestyle changes," Girling said.
The national health survey was conducted on behalf of GSK by marketing consultancy Added Value. A sample of 500 respondents, representing about 80% of South Africans from all classes and races, was selected for face-to-face interviews.
Girling said: "What we have found is that obesity is not more prevalent in the lower social class than the upper so it's certainly not a middle class issue. It's an issue facing all of South Africa."
The survey also found a gap between perception and reality: 78% of obese people and 52% of morbidly obese people regard themselves as somewhat healthy or very healthy. Some 42% have no health concerns and only 47% recognise that exercise and physical fitness are critical.
Denial
Meanwhile, 74% of South Africans think their fellow citizens are overweight and only 34% consider themselves as overweight or obese.
"People are in denial and don't realise how overweight they are," said Girling.
"Unbelievably, when they are overweight they consider themselves as healthy."
Lifestyle, food, poverty and demographics are important factors. People in Cape Town are the worst affected with 72% overweight, closely followed by residents of Pretoria (68%), Johannesburg (59%) and Durban (52%).
A total of 65% of people interviewed thought healthy food was more expensive than unhealthy food. Despite this, they thought the food they bought was healthy and claimed to shop for healthy food 52% of the time.
Of those surveyed, 47% said the government should play a more active role in targeting obesity and 46% felt obesity would affect South Africa economically. - guardian.co.uk © Guardian News and Media 2010

Kaapstad - Ofskoon 61% van Suid-Afrikaners oorgewig is of aan vetsug ly, ontken die meeste dié probleem en wys hulle gou vinger na ánder mense.
Resultate in ’n landwye studie het getoon net 34% van mense dink die skaal kreun te swaar onder hul eie gewig, terwyl 74% gedink het ánder mense is te vet.
Die waarheid, volgens Added Value, wat die studie namens GlaxoSmithKline gedoen het, wys Suid-Afrikaners is oor die algemeen in groot ontkenning oor hulle gewigsprobleme en volg ook nie behoorlike eetplanne nie.
Die resultate is Woensdag hier in ’n voorlegging aan die media bekend gemaak.
Byna die helfte van mense wat aan erge (morbiede) vetsug ly, glo hulle is redelik gesond, of baie gesond.
Volgens dr. Wayne May, ’n endokrinoloog, verhoog ’n mens se risiko om tipe-2-diabetes te kry aansienlik met elke punt wat jou liggaamsmassa-indeks bo die normale styg.
Teen die tyd wat ’n mens aan vetsug ly (met ’n liggaams-massa-indeks van 30 punte of hoër), is jou risiko vir dié siekte 40 maal meer vir vroue en 11 maal meer vir mans.
Die kanse om dood te gaan weens hartsiektes styg ook 1,5 maal vir albei geslagte wanneer dié punt bereik word, en daarna skiet die kanse die hoogte in.
Tog het 42% van al die respondente in die studie geen kommer oor hul gesondheid gehad nie.
Net minder as die helfte van mense wat aan die studie deelgeneem het, glo oefening is van kardinale belang om gesond te bly, maar net sowat ’n vyfde oefen wel na behore.
Soveel as een uit elke drie mense het nog nooit hul teikengewig bereik nie.
Suid-Afrikaners peusel tussen 13:00 en 19:00 aan happies veral omdat hulle “verveeld, alleen, gefrustreerd en ongelukkig is”, het dr. Zubeida Mahomedy, ’n psigiater, gesê.
Dit blyk uit die studie die meerderheid mense verstaan die inligtingsetikette op kos- verpakkings, maar hulle bestudeer dit nie wanneer daar oorweeg word wat om eet nie.
Mense pak die skuld op die regering en glo daar word nie genoeg gedoen om hulle in te lig oor gesonde eetgewoontes nie.
Hulle glo ook hulle word nie beskerm teen ongetoetste gewigsverliesprodukte nie.
Die helfte was van mening gesonde kos moet goedkoper wees.

FAQ | Disclaimer | Privacy & Copyright | Website & Hosting by Akio Computing Solutions

