Adèl Kühn


 


My naam is Adèl Kühn, ek is 35 jaar oud en woon in Centurion, Pretoria. Ek is getroud met 'n fantastiese man, Kevin Kühn en is geseënd met 'n pragtige volmaakte seun Zain Rudolf Kühn. Ons is 'n baie positiewe en gelukkige gesin met goeie Christelike waardes en is baie geheg aan mekaar. Ek werk tans vir 'n groot I.T. maatskappy in Midrand met die mees wonderlikste mense.


Dit is vir my ontsettend belangrik om gewig te verloor. Ek het hoë cholesterol en is oorgewig. My lyf was omtrent elke dag geswel, ek was misluk en het geen lewenslus gehad nie. Al waarna ek uitgesien het as ek saans by die huis kom was om net te sit, eet en bed toe te gaan. Ek kon dit nooit hanteer om myself in ‘n spieël of op ‘n foto te sien nie. Die beeld wat altyd na my teruggestaar het het nie reg gevoel nie en die realiteit hiervan het my skaam, lelik en kwaad laat voel.


Ek het toe die geleentheid gekry om in te skryf vir die Slender Wonder uitdaging op Maatband omdat ek so graag gewig wil verloor. Ek het dadelik soveel mense wat ek ken hiervan vertel toe ek hoor ek is een van die deelnemers. Almal staan bankvas agter my, van werksmense tot my wonderlike man en kind wat my motiveer en bystaan en moed inpraat wanneer die eetlus my beetpak. My ouers en skoonouers is wonderlik en motiveer my elke dag vandat ek met die Slender Wonder uitdaging begin het.


Om op die Slender Wonder program op Maatband te wees is ‘n wonderlike ondervinding. My hele lewe het radikaal verander, my lyf is nie meer geswel nie, ek het weer lus om uit die huis te kom en sommer net saam met my familie te gaan stap. Ek voel fantasties as mens en dit is heerlik om daagliks te sien hoe die klere net al hoe losser sit. Ek is so gemotiveerd en het sommer weer lus om die lewe vierkantig in die oë te kyk sonder om elke keer myself te bekommer oor wat mense sê en dink, ek het waarlik weer my selfvertroue teruggekry en gaan werk toe met ‘n goeie gemoed omdat ek so fantasties voel. Na my eerste week op die Slender Wonder program het ek net soveel meer inspirasie en voel ek net meer gemotiveerd om myself te verbeter. Slender Wonder het ook die wonderlikste, asemrowendste kookboek wat my help om heerlike disse te maak sonder om verveeld te raak met die “tradisionele opgestoomde groente”! Dit voel nie eers of ek op ‘n dieet program is nie, dit is ‘n wonderlike lewensstyl verandering.


Ek voel elke dag al hoe beter en ek sal dié program vir enige iemand aanbeveel. ‘n Mens het niks behalwe kilogramme om te verloor nie en as bonus voel jy elke dag gesonder. Dit is net ‘n fantastiese program en die kosse is heerlik en meer as genoeg en die feit dat dit ‘n mediese gewigsverlies program is kan ‘n mens nie anders as om deel te word van die Slender Wonder familie nie. Wat ek graag wil bereik is om mense te inspireer en sodoende ‘n lewendige bewys te wees dat daar wel hulp is en dat jy net die eerste stap moet neem om sukses te behaal.