Renita van der Merwe


 


My naam is Renita van der Merwe. Ek is 35 jaar oud en woon in Krugersdorp. Ek is 15 jaar getroud met Vicus en het 2 seuns, Carlo (11 jaar) en Dihan (5 jaar). Ek is `n finansiële bestuurder by `n groot mediese praktyk in Krugersdorp.


Ek wil gewig verloor omdat ek eerstens `n gesonder leefstyl wil volg. `n Mens voel net beter as jy weet jy lyk goed en soveel te meer as jy fisies en geestelik van binne 'gesond' is. Ek wil ook weer gemaklik in my klere pas en nie opsien daarteen om nuwe klere te gaan koop nie.


My doelgewig is 68kg. Ek GAAN dit bereik en weet waar `n wil is, is `n weg. Ek weet dat as ek dit op Maatband doen, is daar geen omdraaikans nie. My 'before' en 'after' foto's mag verseker nie dieselfde lyk nie. Ek moet sê, hierdie keer was daar nog nie een keer `n gedagte om te oortree nie. Soveel anders as met enige ander dieet wat ek al gevolg het.


Ek kry ongelooflike ondersteuning van my familie, vriende en kollegas. Die belangrikste is ook om nie die heeltyd op te tree asof jy op `n dieet is nie. Gaan net gewoonweg aan asof dit jou normale lewenswyse is. Dis nie nodig om tekere te gaan elke keer as iemand iets lekkers eet en jy mag dit nie eet nie - dis dan wat jy lus gaan wees vir die verkeerde eetgoed.


Ek het geen slegte ondervinding met die Slender Wonder program nie. Goeie ondervindings is daar wel. Ek het ongelooflike energie deur die dag. Ek het tevore omtrent 3 tot 4 keer `n nag wakker geword en opgestaan, waar ek dalk nou soms 1 keer per nag opstaan. Ek het voorheen dikwels hoofpyne deur die dag gekry. Dis nou iets waarvan ek die laaste tyd geen las meer het nie en boonop voel ek net 'GREAT' oor myself. Nie dat ek ooit `n selfbeeld probleem gehad het nie, maar ek voel nou net goed oor voorkoms.


Ek dink hierdie is `n wonderlike program en sal dit met die grootste vrymoedigheid vir enigeen aanbeveel. Van die begin af was ek nog nie een dag honger of lus vir enigiets nie.


Die grootste reël is dat jou kop reg moet wees en die gesegde, “if you set your mind to it, you can achieve it”, is baie belangrik.