MAATBAND OP kykNET


Vanaf 8 April 2011

Vrydae om 17:30

Saterdae om 13:00

Sondae om 08:00

Maandae om 16:30



Ontmoet die deelnemers

Monique de Koker


Ek is Monique de Koker 'n nege-en-twintigjarige ma van twee en 'n vrou vir 'n wonderlike man, Thys. Ek bly in Meyerton, maar ek moet sê ek slaap net daar, ek werk in Vanderbijlpark vir 'n finansiële diensverskaffer. Ek is 'n verkoopskonsultant ...


lees meer

Adèl Kühn


My naam is Adèl Kühn, ek is 35 jaar oud en woon in Centurion, Pretoria. Ek is getroud met 'n fantastiese man, Kevin Kühn en is geseënd met 'n pragtige volmaakte seun Zain Rudolf Kühn. Ons is 'n baie positiewe en gelukkige gesin ...


lees meer

Renita van der Merwe


My naam is Renita van der Merwe. Ek is 35 jaar oud en woon in Krugersdorp. Ek is 15 jaar getroud met Vicus en het 2 seuns, Carlo (11 jaar) en Dihan (5 jaar). Ek is `n finansiële bestuurder by `n groot mediese praktyk in Krugersdorp ...


lees meer


MAATBAND IS TERUG !!!!!


En bars uit sy nate met die nuutste brokkies inligting oor gesondheid, fiksheid en skoonheid.


Ons voeg woord by daad en begin die reeks op ‘n hoë noot deur paaldans te probeer . Hetsy of jy nou 6-duim hakke dra of jou oudste T-hemp, so lank as jy toegang tot 'n paal het, kan jy die gesondheidsvoordele daarvan geniet.


Moria snuffel die beste wenke oor haarstilering, grimeertegnieke en klerekasbeplanning uit. Ons bekyk alternatiewe metodes van terapie soos perde terapie, Tai heat en iridologie.


Regdeur die reeks gaan sterre meemaak aan ons aktiwiteite en ervarings wat ons met julle gaan deel.


Ons gaan loer in by ons deelnemers wat met behulp van Slender Wonder elkeen hul eie uitdagings die hoof moes bied. Slender Wonder inspireer ons ook met lekker vars idees om vervelige kosblikkies op te kikker en bied ons gesonde en gebalanseerde spyskaartopsies.


Filorga, een van ons borge wat produkte en behandelings vir die skoonheidsbewuste vrou voorsien/verskaf, staan jou in raad en daad by.


Hierdie jaar gaan ons alles in oorgawe maar in moderasie aanpak en geniet! Lake International bied ‘n wonderlike ‘feitlik te goed om waar te wees’ oplossing vir diegene van ons wat ook net soms sonder enige skuldgevoelens aan ‘n heerlike stukkie koek wil smul!


Weens die feit dat die vorige reeks so gewild was en ons met versoeke oorval was, sal daar heruitsendings op van die insetsels geskiet.


Maak seker julle mis nie uit op al die opwindede kompetisies en pryse gedurende die reeks nie!!!!!!


Maatband, kry jou weeklikse dosis inspirasie net hier op KykNET vanaf 1 April om 17:30!!!!!